Ryanc vore videos free download






















COMIC 1 days ago 4. Bryan could hardly contain his excitement. We arrived on an overcast Friday morning. There were only a few others in the entire store. One staff member at the counter unloading some merchandise. The inside was set up pretty neat. Peachstate Hobby Distribution. The show hopes to …. Category: Shop , View More Coupons.

Add to Cart. Buy with. Category: Art , View More Coupons. Includes mounting hardware. The Pathfinder franchise was exclusively a tabletop game until it went digital via Kingmaker in , and this impressive initial release was recently followed up by the equally impressive sequel, Wrath of the Righteous. Series 2 is go! A Diamond Select Toys release! Category: Comedy , View More Coupons. Powered by Trinity Audio. According to Oct 19, Now all he needs is ….

Jason Tabrys Twitter Features Editor. September …. Category: Display , View More Coupons. Category: Adventure , View More Coupons. We are limiting the audience to 50 people. RSVP on Facebook! Category: Books , View More Coupons. Home Podcasts Watch. Film TV Other Stuff. Category: App , View More Coupons. An unscripted series set in Smith's iconic comic shop Jay and Silent Bob's Secret Stash and captures the world of the neighborhood comic book store and fanboy culture.

Most publishing outlets accept. Hulle is ook van mening dat gemengde metodes met sukses gebruik kan word binne die skoolopset, veral waar meer as een skool betrokke is. Die navorsingsmetode wat ek vir navorsing gekies het, is die gemengde navorsingsmetode d. Ek het aanvanklik gebruik gemaak van vraelyste kwantitatief vir opvoeders omdat dit, die vraelyste, die anonimiteitsbeginsel aanspreek. Opvoeders voel vry om hul menings te lug, sonder enige vrees van intimidasie of viktimisering.

Die vraelyste is aangevul met onderhoude met prinsipale, ouers en leerders. Die doel hiervan was om te bepaal wat die rolspelers by die skole ervaar en wat hul persepsie, idees kwalitatief is van die omstandighede waarin hulle verkeer. Walker noem ook dat dit effektief is om verskillende navorsingsmetodes te gebruik, omdat die metodes mekaar kan aanvul.

Ek wou ook weet wat leerders elke dag ervaar. Dit het gelei tot veranderings in my aanvanklike plan van data-versameling. Ek het eers die voorafopgestelde vraelys oor dissipline onder opvoeders van die twee verskillende skole versprei en dit terug ontvang. Die vraelys is opgevolg deur onderhoude met ouers, leerders en twee prinsipale van voorheen-benadeelde skole. Ek het besef dat die vraelys, onderhoude en informele waarnemings, mekaar aanvul.

Dit het my besluit, om van gemengde metodes gebruik te maak, onderskryf. Mc Farlane Walker haal Faulkner aan deur te noem dat multi-metodes die basis verskaf vir navorsing waar die geheel sterker as die dele is. Ek het ook vrae gevra oor wat hulle as oorsake sien en watter oplossings hulle aan die hand kan doen. Ek wou deur middel van onderhoude vasstel waarmee hulle worstel en waaroor hulle graag praat.

Die vraelyste bestaan uit oop sowel as geslote vrae sien addendum A. By die fokusgroep-onderhoude het ek onderhoude gehad met ouers en leerders van my skool, omdat die prinsipaal wat aanvanklik bereid was dat ek die onderhoude met sy ouers en leerders kon voer, kop uitgetrek het.

Ek kon ook geen plaasvervanger vind nie omdat hoofde nie bereid was dat ek met hul ouers en leerders onderhoude voer nie. Die in-diepte onderhoude met die prinsipale het glad verloop. Die vrae in die in-diepte onderhoude, fokusgroep en vraelyste is bepaal deur my drie subvrae oor dissipline, naamlik probleme, oorsake en oplossings met betrekking tot dissipline. Vir die doel van die studie is interpersoonlike onderhoude gebruik.

Uit die antwoorde op die vrae wat ek gestel het, het ek besluit dat die data wat ek van die ouers, leerders en opvoeders verkry het, voldoende was vir my studie. Die skrywers noem ook dat die onderhoud vriendelik en onpartydig moet wees.

Daar moet ook vertroue tussen die twee partye wees, anders sal die inligting wat verkry word, nie betroubaar wees nie. Die volgorde van die vrae en die bewoording daarvan is rigied en laat vir die onderhoudvoerder nie enige vryheid toe om aanpassings te maak nie. Ongestruktureerde onderhoud het meer buigsaamheid, is nie so rigied nie en laat die bewoording en volgorde van die vrae in die hande van die onderhoudvoerder. Ek het egter gebruik gemaak van semi-gestruktureerde onderhoude omdat dit meer buigsaam as gestruktureerde onderhoude is.

Hitchcock en Hughes en Lankshear en Knobel noem dat semi-gestruktureerde onderhoude ruimte skep vir die onderhoudvoerder om die respondent se response te verbreed en om dieper te delf. Ek kan nie die vrae vir leerders op dieselfde manier vra as vir die volwassenes nie, alhoewel die inhoudelike van die vrae dieselfde was bv.

Lankshear en Knobel — Ek kon vinniger data deur middel van onderhoude versamel. Informasie kan direk van die respondente verkry word en daar kan ook dieper gedelf word om misverstande uit die weg te ruim.

Onderhoude gee ook die geleentheid om inligting aangaande die respondente se sieninge, kennis, insig en ervaring, eerstehands op te doen. In my studie het ek gebruik gemaak van veld-notas soos deur Mouton aan die hand gedoen, en kon ek terselferdertyd response wat nie op die studie van toepassing is nie, ignoreer Wellington Ek was ook in staat om die liggaamstaal van die respondente waar te neem en daaruit sekere afleidings te maak Bell Lankshear en Knobel haal Fontana en Frey aan wie beweer dat fokusgroep onderhoude lei tot die sistematiese ondervraging van verskeie individue.

Respondente in die fokusgroep het ook makliker oor sensitiewe aangeleenthede gepraat byvoorbeeld leerders het maklik gepraat oor wat hulle pla. Ek het ook gevind dat die fokusgroepe, aanvullend tot my navorsing is. Ek het gevind dat die onderwysers by beide skole dieselfde probleme uitgelig het. Ek het met die keuse van prinsipale, opvoeders en skole in my omgewing van doelbewuste monsterneming gebruik gemaak.

Die monstergrootte word bepaal deur die doel van die studie. Inleiding In my uiteensetting van data-versamelingsmetodes het ek genoem dat ek ook van vraelyste gebruik sou maak. Die hoofrede vir die gebruik van vraelyste volgens Hopkins is om kwantitatiewe response op vooropgestelde vrae te kry.

Ek het vraelyste gebruik wat uit 2 tipe vrae bestaan, naamlik oop en geslote vrae. Administrering van vraelys Ek het eers my vraelys getoets onder opvoeders wat nie betrokke was by my navorsing nie Johnson en Christensen Ek het tot die slotsom gekom dat die taal maklik verstaanbaar is en dat daar geen omslagtige of moeilik verstaanbare vrae was nie.

Daarna het ek die doel van die vraelys 46 aan die opvoeders verduidelik en hulle gevra om die vraelys te voltooi. Ek het die vraelys die volgende dag gaan afhaal. Die oop vrae het meer tyd nodig gehad om te beantwoord. Hulle het navraag gedoen en uitgevind dat dit ek was wat die navorsing gedoen het. Wiersma en Jurs praat van ander navorsers wat dieselfde instrument gebruik en dieselfde resultate verkry.

Hitchcock en Hughes 47 noem dat betroubaarheid neerkom op die verkryging van dieselfde resultate as dieselfde metode gebruik word.

Alhoewel die vraelys nog nie deur een van die bekende navorsers gebruik is nie, is dit gebou op die patroon van die navorsers Johnson en Christensen Ek het egter met my voortoets die kans gehad om die vraelys te toets en die vraelys het voldoen aan die vereiste van betroubaarheid soos deur Hitchcock en Hughes beweer.

Schumacher en McMillan noem dat geldigheid te doen het met of die gevolgtrekkings wat gemaak word, betekenisvol en bruikbaar is in die studie. Walker noem ook dat by triangulering die geheel sterker is as die dele. Die metode is dus om verskillende invalshoeke te gebruik om dieselfde gebeure te ontleed.

Die feit dat my bevindinge versterk is deur die response van drie verskillende groepe mense, het die geldigheid van die studie versterk. Ek het weereens ervaar dat wanneer data ingesamel word, daar geen vaste plan of manier van data insameling kan wees nie. Soos die omstandighede verander moet jy as navorser ook aanpas.

Ek het gebruik gemaak van vraelyste, fokus-groep onderhoude en informele observasies. Dit was veral met my onderhoude dat ek moes afwyk van my beplande proses. Ek moes bv my vraagstelling vir leerders aanpas om dit vir hulle meer 49 verstaanbaar te maak.

Dit het daartoe gelei dat my navorsing meer relevant en geloofwaardig geword het. Bylae A word as voorbeeld van die vraelys ingesluit. Ek het van die geleentheid gebruik gemaak om die groepie ouers oor dissipline, soos ons dit in die klaskamer ervaar, in te lig. Hulle word deur hul maats gekoggel, geterg en snedige aanmerkings word oor hul gebrekke gemaak. Leerders wat maak soos hulle wil en die opvoeder se gesag ondermyn deur die klas sonder toestemming te verlaat.

Hierdie leerders gesels ook aanhoudend, en dit werk stremmend in op hul mede-leerders. Die leerders is ook nie op standaard nie en dus woelig. Leerders steel ook mekaar se eiendom wat veroorsaak dat daar meermale leerders sonder skryfbehoeftes in klasse sit.

Die leerders het baie van dieselfde inligting aan my gegee wat ek ook uit die vraelyste van die opvoeders ontvang het. Ek het egter ook afgekom op probleme wat nog nie gelys was nie bv. Ek het die gevoel gekry dat hulle van mening is dat hul probleme nou aandag gaan kry en dat hulle instrumenteel is met die bydrae wat hulle lewer.

Hulle gesag word afgetakel deur bv. Die leerders toon ook geen belangstelling in hul werk nie, wat die opvoeder se taak bemoeilik. Die data van die prinsipale van die voorheen benadeelde skole kon ek onder een hofie plaas omdat daar geen verskil tussen die menings van die 2 prinsipale was nie.

Die leerders het alreeds in die fase meer tyd deurgebring en kon dus nie langer in die fase gehou word nie. Die onderwysers is nie opgelei om met leerders met agterstande te werk nie. Ek kan egter nie die voorbeelde insluit nie want dan sal die skool se naam bekend word en die anonimiteitsbeginsel sal nie gehandhaaf word nie.

Hy het ook genoem dat hy nie oor die probleme wil praat wat ervaar word nie omdat die probleme aan almal bekend is.

Om homself in sy omgewing uit te 53 leef en te laat geld moet hy hom tot aggressie wend. Hierdie houding openbaar hy dan ook by die skool en knou sy maats af. Hulle word dan verantwoordelik vir die probleme van die res van die gesin en moet die probleme aanspreek en oplos. Sulke omstandighede werk negatief op leerders in omdat hulle nie kan konsentreer nie.

Drank en dwelmmisbruik is aan die orde van die dag en dit is die voorbeeld waarmee die kind grootword. Naweke is hulle op hul eie aangewese omdat hul ouers nie instaat is om na hulle om te sien en te versorg nie. Leerders kry nie genoeg aandag by die huis nie en kom soek dus aandag by die skool.

Hy doen dus enigiets om aandag te trek. Ouers vra ook nie vir hul kinders hoe hul skooldag verloop het nie en of hulle enige tuiswerk gekry het nie. Dit bring hulle in konflik met die skool omdat tuiswerk moontlik nie gedoen is nie.

As die opvoeder met hom praat voel hy dat die opvoeder gedurig op hom pik. Volgens die opvoeders het leerders aandag, liefde en leiding van hul ouers nodig. Dit gee aanleiding tot konflik tussen die onderwyser en die leerder. Hy hou hom met onbenullighede besig en loop gedurig in die klas rond.

Hy hou ook ander leerders uit die werk deur aanhoudend geselsies aan te knoop. Sy optrede maak ook dat hy deur sy mede leerders vermy word.

Weereens het die oorsake baie ooreengestem met dit wat ek van die opvoeders verkry het. Op die vraag oor hoekom hulle dink, die leerders die kleiner leerders se brood afvat. Ek het ook gevra hoekom party leerders die ander afknou.

Hoe hulle by die huis optree Hoekom dink julle ontwrig leerders die klasse? Dit was die kommentaar op die spesifieke vraag. Die antwoord het my laat besef watter rol die ekonomiese omstandighede en werkloosheid van ouers op die leerders het.

Hulle verstaan nie die opdragte wat die onderwysers aan hulle gee nie. Hul opleiding het nie voorsiening gemaak om met sulke leerders te werk nie en hulle weet ook nie hoe om die leerders binne klasverband te hanteer nie. Hier het die prinsipale dit duidelik gestel hulle praat nie van groot klasse waar leerders almal op standaard is nie.

Hulle pas nie dissipline in hul huise toe nie en koop respek en gehoorsaamheid by hul kinders deur hulle groot bedrae geld vir sakgeld te gee.

Die leerders wat so bymekaar kom gaan net waar hulle wil en doen net wat hulle wil. Hulle boelie ander leerders, rook, drink en raak betrokke in seksuele praktyke. Die ouer dra die houding van disrespek op sy kinders oor as gevolg van die voorbeeld wat hy stel. Die kind dreig ook die opvoeder met sy ouers. Ouers intimideer ook opvoeders en skoolhoofde oor dissipline, sportspankeuses en besluitneming van opvoeders.

Hulle glo hul kinders in alles wat hul kinders aan hulle oordra en ondermyn so die gesag van die opvoeder. Die toestand bring hom in konflik met die skool waar hy opdragte wat die opvoeder aan hom gee moet uitvoer. Ouers word op ouer-inligtingsaande ingelig oor die wyse waarop die toekenning van ster-leerders gemaak word Ouers word ook deur nuusbriewe ingelig wie die ster-leerders vir die maand is.

Deur die nuusbrief aan ouers te stuur raak hulle by hul kind betrokke en vra vir die leerder en opvoeder hoekom sy kind se naam dan nie op die lys van ster-leerders verskyn nie.

Die rede word aan die ouer verskaf en hy kan dan help met die dissipline van sy kind. Ouers word ingelig van hul kinders se gedrag, akademiese vordering en afwesighede. Hulle moet nie rondtas as hulle voor die leerders staan nie. Hy moet op hoogte van sy leerarea wees en gereeld navorsing oor sy leerarea doen. Hulle moet die leerders lei na wat aanvaarbare gedrag is en hoe om met maats en opvoeders te kommunikeer. Opvoeders moet vir leerders vertel dat hulle uniek en spesiaal is.

Leerders moet bewus wees wat van hulle verwag word ten opsigte van gedrag, netheid, take en tuiswerk. Ouers moet ook byeengeroep word en dieselfde inligting wat aan leerders gegee is, moet ook aan ouers gegee word. Op die wyse kan ouers die skool en opvoeder die nodige ondersteuning 61 en samewerking gee wat van soos van ouers verwag word.

Leerders moet bewus wees dat ouers saamstem met die skool se gedragskode. Die leerders in die wagklasse wag meermale vir groter boeties of sussies wat eers later verdaag. Indien daar nie wagklasse bestaan nie, moet dit ingestel word. Hulle moet kennis dra van die suksesse sowel as van onaanvaarbare gedrag van hul kinders. Ouers moet nie net gekontak word wanneer leerders oortree nie. Die afbrekende kritiek van opvoeders laat leerders dink hulle is tot niks in staat nie.

Die opvoeders neem nie die omstandighede van die leerders in ag nie. Opvoeders snou leerders lelike name toe, wat hulle nie verdien nie. Hulle is dus effektief besig om leerders verbaal aan te rand. Hulle is van mening dat opvoeders die agtergrond van die leerders beter sal kan evalueer en dan daarvolgens met die leerder kan werk.

Ouerleidingsprogramme kan deur die skool met behulp van die WKOD aangebied word, om ouers touwys te maak hoe om met hul kinders om te gaan. Hulle noem dat as gesinsprobleme tuis opgelos kan word, nog voordat dit die skool bereik, dit baie sal help met die oplossing van probleme. Die prinsipaal self is verantwoordelik vir die instandhouding en beheer van die sisteem waarvolgens hulle werk.

Opvoeders moet bewus gemaak word dat hy die volwassene is en dat hy in beheer van die klas is en nie andersom nie. Sy houding is bepalend in die klaskamer. Die prinsipale het die aangeleentheid geopper omdat hulle ervaar dat opvoeders toenemend leerders na die kantoor stuur vir geringe oortredings en nie self oplossings vind nie.

Opvoeders vind volgens die prinsipale dit moeilik om die paradigma skuif te maak na alternatiewe vir lyfstraf. Dit sluit aan by die siening van die voorheen benadeelde skole se prinsipale se siening dat daar moet beheer wees en dit moet toegepas word.

Hy noem dat hy weet wat hy wil bereik en hy weet ook hoe om daar te kom. Ouers het dan geleentheid om vrae te vra, of om veranderings voor te stel. Die Beheerliggaam, onderwysers en leerders gaan deur dieselfde sessies sodat almal op hoogte kan wees van die dissipline stelsel van die skool en hy maak seker dat alle partye die stelsel aanvaar. Die borde sal Woorde, Lyftaal en Dade wat positiewe gedrag sterk verkondig, ten toon stel.

Ek het die dissipline plan toe eers weer met die senior fase opvoeders bespreek en daarna met die hele personeel. Op die personeelvergadering is besluit dat ons die plan ook met die ouers moet bespreek.

Ek sal voorbeelde by my Tesis insluit. Ek maak ook van kruisverwysings na hoofstuk 2 en hoofstuk 3 gebruik om sodoende aan te dui in watter mate my empiriese bevindinge met die literatuurstudie ooreenstem. Effektiewe opvoeding, onderrig en leer kan nie plaasvind waar hierdie toestande heers nie.

Die hantering van onaanvaarbare gedrag neem ook baie van die opvoeder se tyd in beslag. Leerders word elke dag aan geestelike sowel as liggaamlike aftakeling deur mede-leerders blootgestel.

Uit beide die literatuur sowel as navorsing is dit duidelik dat die optrede die onderrig en leer van leerders kniehalter. Hulle is vreesbevange vir die afknouers en is bang om opvoeders en skoolhoofde van die probleem wat hulle ervaar in te lig omdat hulle met geweldadige optrede gedreig word.

Afknouers dreig ook leerders dat as hulle vir enige persoon, ouers inkluis, van hul optrede inlig hulle dit op een of ander wyse gaan ontgeld. Opvoeders skryf die voorkoms van die probleem toe aan die afskaffing van lyfstraf en is van mening dat leerders dink hulle is onaantasbaar Oosthuizen Uit die empiriese studie word dit duidelik dat opvoeders radeloos is en nie meer weet hoe om die 68 optrede van leerders te hanteer nie.

Die literatuur, sowel as die empiriese studie, dui toenemend daarop dat bendebedrywighede en geweld huidiglik onder leerders astronomiese afmetings begin aanneem het en die literatuur toon duidelik dat skoolhoofde en ander rolspelers byna geen raad het om die probleem aan te spreek nie.

Skoolhoofde voel negatief omdat hulle van mening is dat die Onderwysdepartement niks doen om hulle te ondersteun om die probleem aan te pak nie.

Dit is verstommend dat dit uit die literatuur 2. Ek gaan egter slegs die oorsake noem wat in beide hoofstuk 2 en hoofstuk 3 voorkom en wat na my mening van kardinale belang vir skooldissipline is. Hiermee wil ek egter nie die belangrikheid van ander oorsake soos bespreek in paragrawe 2. Leerders respekteer ook nie opvoeders wat onvoorbereid is en nie hul behoeftes kan aanspreek nie.

Opvoeders is ook nie bewus dat die wyse waarop hulle met leerders kommunikeer bydra tot swak skooldissipline nie. As die opvoeder nie met respek praat nie, kan hy nie respek van sy leerders verwag nie. Die literatuur en empiriese studie toon duidelik dat as ouers nie in hul kinders en die bedrywighede van hul kinders belang stel nie, kinders minder geneigd is om hul samewerking vir die opvoeder te gee. Uit die literatuur word dit ook duidelik dat ouers se houding, bv.

Ouers is ook van mening dat die grootmaakproses van hul kinders die taak van opvoeders is, en dat hulle slegs hul kinders met hope geskenke en sakgeld hoef te oorlaai. Hulle raak nie betrokke by die opvoeding van hul kinders nie en weet nie wat hul kinders aanvang nie. Ouers is ook onbewus waar hul kinders in hul vrye tyd uithang en met wie hul kinders assosieer en sosialiseer. Leerders is bewus dat hul ouers nie in hul doen en late belangstel nie en sluit by rebelse portuurgroepe aan wat lei tot bendevorming.

As die leerder blootgestel word aan 70 geweld en konflik binne sy huis, leer hy aggressiwiteit aan en dra dit oor na die skool, waar dit lei tot swak skooldissipline. Leerders met sosiale agterstande kom weer in opstand teen hul omstandighede.

Hulle is van mening dat daar nie na hul emosionele of fisiese behoeftes omgesien word nie, en word aggresief om hul behoeftes aangespreek te kry. Hulle tree meer beskermend teenoor hul jonger gesinslede op en raak maklik aggressief as hulle van mening is dat hulle benadeel word.

Hulle is van mening dat opvoeders nie bevoeg is om leerders met lees- en leerprobleme te onderrig nie en dat opvoeders nie opleiding ontvang het om met sulke leerders te werk nie. Hulle was nie opgelei om die nuwe kurrikulum aan te bied nie en het meermale rondgetas.

Die onsekerheid het gemaak dat opvoeders onvoorbereid voorkom en hulle was ook nie gereed om die leerders in die veranderde omstandighede te hanteer nie.

Uit die literatuur en empiriese ondersoek het vele oplossings na vore gekom. Ek sal egter net die bevindinge van oplossings bespreek wat in beide studies voorkom en wat ek as belangrik beskou.

Uit my bevindinge van my empiriese ondersoek en literatuurstudie het ek agtergekom dat die opvoeder en leierskap die kern is waarom die oplossings vir swak skooldissipline plaasvind. Dit is ook bepalend vir die samewerking tussen die opvoeder en die leerder. Volgens die literatuur is die houding en gesindheid wat die opvoeder teenoor die leerder en selfs sy ouers openbaar uiters belangrik. As die opvoeder sy samewerking gee, en opdragte van die hoof uitvoer, is die stryd teen swak dissipline alreeds half gewonne.

Dit stel vir leerders die grense waarbinne hulle kan beweeg. Leerders weet ook wat die sanksies gaan wees as hulle die gedragskode oortree. Die gedragskode bring openheid en deursigtigheid na vore en help om onsekerhede oor die beleid uit die weg te ruim. Opvoeders weet ook wat die proses is wat gevolg moet word vir optrede teen leerders.

My bevinding was dat opvoeders en skoolleiers deurentyd met leerders en ouers moet kommunikeer om sodoende ouers en leerders te kan inlig van probleme, asook oor die positiewe aspekte van leerders wat hulle ervaar. Geen skool kan effektiewe dissipline handhaaf as daar nie vertroue, ondersteuning, oop kommunikasie en samewerking tussen die skool en die huis bestaan nie. Ek het ook bevind dat dit belangrik is dat prinsipale en opvoeders moet reflekteer oor hul manier van kommunikasie om sodoende die beste praktyk te volg.

My 75 evinding was dat ouers nie maksimaal in die skole, wat aan die ondersoek deelgeneem het, benut is nie, deur gesprekke het prinsipale kennis geneem dat ouervergaderings nie genoeg is om ouers aan boord te kry nie.

Leerders het waardes soos opregtheid, eerlikheid en positiewe kommunikasie nagestreef. Ek doen graag die volgende aanbevelings soos wat ek deur my studie bewus geword het van die behoeftes. Die Onderwysdepartement moet vir prinsipale die geleentheid skep om die module in dissipline te voltooi. Die gedagte van vennootskappe met nie-regeringsorganisasies kom sterk na vore.

Die tyd moet ook gesien word as persoonlike ontwikkelingsessies vir opvoeders. In die dae van die stryd teen Apartheid het ons vir ons kinders geleer dat geleerdheid deur niemand van jou weggeneem kan word nie en dat jy net opvoeding kan bekom deur gedissiplineerd te wees.

Skole moet gemeenskappe omarm en saam met gemeenskapsorganisasies ons ouergemeenskappe lei om skole as instellings van die gemeenskap te sien en te aanvaar. Preventing problem behaviours. A handbook of successful prevention strategies. California: Corwin Press. Barnhart, C. The world book dictionary. Barrow, G. Walking the talk. How transactional analysis is improving behaviour and raising self-esteem. London: David Fulton Publishers.

A guide for first time researchers in education and social science. Great Britian: St Edmundsbury Press. Blatchford, P. The class size debate. Is small better? Philadelphia: Open University Press. Breaux, A. M, Lewis, D.

School house bullies. Preventive strategies for professional educators. Action Research. Cohen, L. Research methods in Education 4 th ed. London: Routledge. Clark, R. The essential New York: Hyperion. Alternatives to corporal punishment. Government Press De Vos, A. Research at grassroots. Pretoria: Van Schaik. The new dare to discipline. Illinois: Tyndale House Publishers. Emmer, F. Classroom management for secondary teachers. Boston: Allyn and Bacon. Fakier, Y. Grappling with change.

Cape Town. Fields, M. Constructive guidance and discipline. Preschool and Primary Education 4 th ed. Fiore, D. Making the right decisions. A guide for schools. New York: Eye on Education. Fullan, M. Change forces. Proving depths of educational reform. Hopkins D. Berkshire: Open University Press. Hitchcock, G. Research and the teacher. A qualitative introduction to school-based research.

New York: Routledge. Insig, 1 Desember Jackson, D. Dissipline sonder torn of trane. Kaapstad: Tafelberg Uitgewers Beperk. Johnson, B. Educational Research.

Quantitative, Qualitative and Mixed approaches 2 nd ed. Boston: Pearson Kerr, M. Strategies for addressing behaviour problems in the classroom. New Jersey: Merrill Prentice Hall. Kincheloe, J. Qualitative inquiry as a path to empowerment. London: Routledge Falmer. Koenig, L. Respect and Cooperation restored.

California: Corwin Press, Inc. Kruger, A. Classroom management. Van Schaik. Pretoria: Academica. Lankshear, L. A handbook for teacher research.

From design to implementation. New York: Open University Press. Practical Research. Planning and design 8th ed. New Jersey. Pearson Education Ltd. Leithwood, K. Jantzi, K. Changing Leardership for changing times. Buckingham: Open University Press. Lindle, J. Louw, W. MacGrath, M.

The art of peaceful teaching in the primary school. Improving behaviour and preserving motivations. Marshall, M. Discipline without stress, punishments, or rewards. Threats in schools. A practical guide for managing violence. New York: Hawford Press. Mc Farlane, J. Mondelingse mededeling, M.

Ed kontaksessie. McMillan, J. Research in education. A conceptual introduction. New York: Harper Collins. McQueen, T. Essentials of classroom management and discipline. New York. McSherry, J. Challenging behaviours in mainstream schools. Practical strategies for effective intervention and reintegration. London: David Fulton. Merrett, F. Encouragement works best: Positive approaches to classroom management.

Miles, M. B, Huberman, A. Qualitative data analysis. A source book of new methods. Profound improvement. Building capacity for a learning community. Swets and Zeithinger. Molapo, D. Lesson from Eagles. South Africa. Kairos Media Group. Mouton, J. How to succeed in your Master and Doctoral studies. Nelsen, J. Positive Time Out. Behaviour management in the classroom. A transactional analysis approach. Social Research Methods 5 th ed.

Promoting positive behaviour. Onderwysdepartement Wes-Kaap. Norme en Standaarde. Kaapstad Oosthuizen, I. Praktiese wenke vir leerdersdissipline.

Porteus K. Vally, S. Growing discipline and respect in our classrooms. Sandown: Heinemann. Hodder en Sloughton. Roffey, S. London: Paul Chapman Publishing. Rowland, V. Personal effectiveness for teachers. Great Britain: Simon and Schuster education. Kompas vir skoolgebaseerde bestuur. Kaapstad: Tafelberg Uitgewers.

Senge, P. Doubleday Smith, C. Effective classroom management. Smith, S. School leadership. Handbook for excellence. Oregon: Eric. Sonn, B. Discipline in schools: Discipline in a culture of human rights. Kaapstad: Via Afrika. South African Schools Act , No. Government Gazette, vol , NO Pretoria: Government Press. Sprague, J. Safe and healthy schools. Practical prevention strategies. New York: The Guilford Press.

Excellence in Education: the making of great schools. The Herald 4 January The Teacher. Thody, A. Education tomorrow. Lessons from managing girls education in Africa. Cape Town: Juta Thody, A.

London: Continuum. Varnava, G. How to stop bullying in your school. Doing research. A handbook for teachers. London: Methven and Co. Wearmouth, J. C, Glynn, T. Understanding pupil behaviour in schools. A diversity of approaches. Webber, J. Failure to hold the politics of school violence.

New York: Rowan and Littlefield Publishers. Wellington, J. Educational research: Contemporary issues and practical approaches. London: Continuum Wiersma, W. Solving discipline problems. Boston: Allan and Bacon. Wolfgang, C. Solving discipline and classroom management problems. Florida: John Wiley and sons, inc. Gesels aanhoudend 2. Ontwrig klas 3. Praat gedurig terug back chat 4. Voer nie opdrag uit nie 5. Respekteer nie die opvoeder nie — vloek 6. Koggel maats 7.

Maak gedurig aanmerkings 8. Baklei in die klas 9. Loop gedurig rond Verlaat klas sonder toestemming Gebruik van vuil taal teenoor maats Rangskik in orde van belangrikheid 1.

Geen gerespek vir opvoeder Gedrag van leerder Opvoeder is nie ten volle op hoogte van leerarea Geen respek vir opvoeders 3. Ongewilde leerder in sy portuurgroep Hy word deur maats vermy Hy knou gedurig klasmaats af xiv 0 1 2 3 Lys asseblief oorsake wat nie gelys is nie. U is goed voorbereid. U doen gereeld navorsing om op hoogte van u leerarea met probleme te hanteer. U doen navorsing en lees gereeld hoe om leerders met probleme te hanteer.

U woon gereeld werkswinkels oor dissipline by. U gee gereeld terugvoering oor die prestasie van leerder. U skep by leerders die gevoel dat hulle u kan vertrou? U wys gereeld op rolmodelle leerder wat by ons skool afstudeer.

U doen gereeld verslag aan leerders se ouers oor hul vordering? U bespreek gereeld u leerders se probleme met hul ouers? Leerders is bewus dat hul ouers ken en gereeld met hulle kommunikeer? Dit moet makliker wees om teen leerders wat oortree op te tree. Die Beheerliggaam moet die opvoederkomponent ondersteun. Indiensopleidingsessies deur bestuur loop op niks uit. Bestuur pas nie gedragskodes wat deur opvoeders in plek gestel is toe nie.

Graad: …………………………… Probleme wat met leerders ondervind word: 1. Leerders is nie op standaard en is dus woelig Kan-nie-omgee-houding teenoor hul skoolwerk Bring nie hul skryfbehoeftes na klaskamer nie Hou ander leerders uit hul werk Laat opdaag vir klas Vat ander leerders se besittings af Opruk — Gooi van boeke as opvoeder leerder vermaan Ongewenste persone kom die skoolterrein binne en loop met gevaarlike wapens.

Ons kan dus nie die hekke sluit om ons leerders binne ons skoolterrein te hou nie. Die ondergenoemde oortredings sal tot dentensie, mondelinge waarskuwing of een of ander vorm van ekstra werk lei. Ons vra dus ouers se ondersteuning met die poging om ons leerders se dissipline te verbeter.



0コメント

  • 1000 / 1000